Chris Chameleon Het Baie Meer as Drie Vriende

My Woordfees het nie goed begin nie. Êrens by ‘n ander piekniekkonsert drie weke voor dit afskop, trap ek in ‘n wynglas (nugter, nie myne nie) en is immobiel vir minstens twee weke. Die noodlot gooi nog meer stokkies in my speke, want dan verstaan ek boonop nie die Woordfeesprogram op die webtuise nie en om in te ry vir die boekie … goeiste, dit beteken briek trap!

Tog, in die laaste dae van die Fees, bevind ek myself by Checkers met mossels in tamatiesous (winskoopprys) en ‘n pakkie groot pleisters in die hand, en onthou toe my vriendin se pleidooi, “Chris Chameleon tree op by Neethlingshof. Seblief, ons móét gaan!”

Continue reading